Twee landbouers in hof oor veediefstal

Twee opkomende boere verskyn binnekort weer in die hof in die Excelsior-landdroshof op Ladybrand op ‘n aanklag van veediefstal.

Lazarus Thekiso en Petrus Sithole word intussen nog aangehou nadat hulle vroeër met sewe merino-skape betrap is wat na bewering op ‘n plaas naby die Phillip Sanders-oord buite Bloemfontein gesteel is.

Die bakkie waarmee hulle gery het, is ook gekonfiskeer nadat hulle op die pad tussen Excelsior en Tweespruit voorgekeer is toe hulle die spoedgrens oortree het.

Die twee vermeende skaapdiewe boer op buurplase in die Excelsior-distrik en sal tydens hulle volgende hofverskyning glo formeel om borgtog aansoek doen.