Tshabalala speel vir tyd

Uitspraak is voorbehou in die saak oor die voorsitter van die SABC-raad, Ellen Tshabalala, se kwalifikasies in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Haar regspan probeer die hof sover kry om te beslis dat die parlementêre optrede teen Tshabalala oor haar akademiese kwalifikasies eintlik sou neerkom op ‘n dissiplinêre verhoor en dat die parlement nie die reg het om dit te doen nie.

Die parlement se regsverteenwoordiger, Denzil Potgieter, het in sy betoog onder meer daarop gewys dat die hele dispuut “opgetower" ia om te verhoed dat ‘n ondersoek op 23 Oktober gehou sou word. Sy het op die betrokke dag ‘n voorlopige hofbevel gekry om die ondersoek te stop om vas te stel of sy oor haar kwalifikasies gejok het.

Volgens Potgieter wonder die gewone man op straat waarom Tshabalala nie net eenvoudig die bewyse van haar universiteitskwalifikasies lewer nie en die hele aangeleentheid daarmee beëindig nie. 

Die geskil oor Tshabalala se kwalifikasies duur al van Julie vanjaar.

Foto – Ellen Tshabalala