"Tronk-doodstraf" Clive se lot?

As mnr. Clive Derby-Lewis nou terug gestuur word tronk toe, is dit net so goed hy word die doodstraf opgelê want dit sal sy einde beteken.

Dit is ’n nuwe manier om die doodstraf toe te pas, het hy in die hofstukke gesê.

So sê mnr. Derby-Lewis (78) in sy jongste hofaansoek teen die minister van Korrektiewe Dienste.

Derby-Lewis word volgens kenners, onregmatig in die tronk aangehou en moes lankal op parool vrygelaat gewees het.

Hy is twee keer deur ander in die tronk aangeval met die doel om hom te vermoor, en daar bestaan ’n algemene gevoel dat mense buite die tronk die aanvalle beplan het.

Die optrede van Korrektiewe Dienste na die aanvalle op hom, het die indruk gewek dat hulle geensins die korrekte prosedures wou volg met die behandeling van sy wonde nie.

Hy sê korrektiewe beamptes sal hom glo ná sy ontslag uit die hospitaal, in afsondering aangehou word sodat hy beskerm sal wees teen verdere aanvalle.

In die hofstukke word egter daarop gewys dat dit juis ’n metode kan wees om hom makliker om die lewe te bring.

Korrektiewe Dienste staan die aansoek teen, en beweer dat ’n misdadiger geen reg op parool het nie.

Dit laat die vraag ontstaan op watter gronde Schaik op parool vrygelaat is terwyl hy springlewendig vertoon. Die rede wat destyds aangevoer is, was dat hy baie ernstig siek is.