Treknette sal visbevolking benadeel

Treknette of "seine nets" het omgewingsaktiviste en ontspanningshengelaars in die Wes-Kaap onrustig omdat dit groot skade aan plaaslike visgetalle veroorsaak. 

Die manier van visvang is nie onwettig nie en die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery reik jaarliks permitte aan kommersiële visvangers uit.  

Treknette word van die strand af om ‘n skool visse gespan en dan met die hand ingetrek. Die probleem is dat onvowasse visse ook gevang word en dat dit bykans onmoontlik is om hulle weer vry te laat. 

‘n Mariene-omgewingskonsultant van Kaapstad, dr. Ken Hutchings, sê dat dikwels vrek van die kleiner visse onder die gewig van die ander in die net. Niemand wil die vissers hulle inkomste ontsê nie, maar daar is sekere probleme aan verbonde. 

Ontspanningshengelaars wil hê dat die lisensies dalk beter beheer word. Hulle is bekommerd oor die onvolwasse visse wat net vrek en dat dit drasties op die getalle van die volgende generasies sal impakteer