Tirade by VN ondiplomaties

’n Junior diplomaat van Suid-Afrika, ene Tsholofelo, het ‘n persoonlike tirade in haar spreekbeurt gevoer teen pogings om die verslegtende toestande in Suid-Afrika, en in besonder vir Afrikaners onder die aandag van die internasionale gemeenskap in Genève te bring. 

Plaasmoorde wat neerkom op ‘n volksmoord is onder meer onder die aandag van die Verenigde Nasies se jaarlikse Menseregtekommissie-forum gebring.

Sy het egter uitgevaar teen verteenwoordigers van die  VF+, ‘n burgerregte organisasie en TLU SA.

Volgens haar kritiek is die burgerregte organisasie en TLU SA slegs rand-organisasies en die VF+ ‘n oorblyfsel van die apartheidsjare.

Voorleggings oor plaasaanvalle, die grondeiseproses, regstellende aksie en die aftakeling van Afrikaans is tydens die konferensie, aan die forum gedoen.