Tien polisiebeamptes wat vasgetrek is weens hulle korrupte bedrywighede, is elk op ’n R5,000 borgtog vrygelaat.
Die beamptes het hulle laat omkoop, en het betaling ontvang van misdadigers wat dan nie in hegtenis geneem is vir hulle misdade nie.
Die polisiebeamptes het omkoopgeld ontvang wat wissel van R500 tot R2,500, afhangende die “erns van die oortreding”.
Die tien mans is almal in die Wes-Kaap in hegtenis geneem deur die teenkorrupsie-eenheid van die polisie, en het reeds in die Bellville landdroshof verskyn waar borgtog toegestaan is.
Een van die polisiebeamptes werk reeds meer as 20 jaar as polisieman, en een het reeds in September vanjaar uit die polisie bedank.
Vyftien getuies sal deur die staat geroep word om in die saak te getuig van hoe hulle omkoopgeld betaal het, maar familie van die beamptes sê dit is ’n slenter. Hulle wou ook weet waarom die korrupte mense in die parlement en in ander staatsdepartemente nie vervolg word nie
Ontleders meen die moontlikheid bestaan dat die polisiebeamptes deel van ’n bende-netwerk
Hoog tyd dat iets gedoen word om hierdie gemors te stop.
Gee kans Bram. Ek is besig daarmee.
Arnold,
Geen probleem met die uitroei van die korrupte gespuis in die SAPD nie….maar :
What’s good for the goose……is good for the gander.
Net soos met die Gupta en Nkandla debakel……is dit die junior amptenare wat die pak moet vat.
Insgelyks is daar nou al mnde n o/soek teen Komm Lamoer oor dieselfde klagte[s]
Waarom word hierdie mister ( nes die onderdane ) nie summier geskors sonder enige voordele totdat uitsluitsel hieroor vekry is nie ?
MDM
Ai Vryburger. Hoe anders moet die van van die WK’se Adelings Kommissaris van die SAPD dan nou gespel word ? Sy van klink soos muhr…..en hier spring die groot uitveer weer in…….you’re comment is awaiting………
Gee op.
Ruiter.