Terroriste vermoor gesoute regsman

Mnr. Tom Sawyer (63), ’n gesoute advokaat wat hom op sy plaas Oudehoutdraai naby Greylingstad gaan vestig het na sy aftrede, is deur terroriste vermoor.

Mnr. Sawyer se lewelose liggaam is deur ’n buurman in die slaapkamer gevind.

Die buurman en vriend,  Wynand Ambrosius, het Maandag op die grutoneel afgekom.

Plaaswerkers kon op ’n afstand sien dat ’n slaapkamervenster gebreek is en het die buurman geskakel, en hy het weer die polisie gekontak.

Daar is verskeie skietwonde aan sy bo-lyf gesien, en die vermoede bestaan dat hy eers met ’n stomp voorwerp geslaan, daarna verwurg en toe geskiet is.

Die kluis is oopgebreek en vuurwapens word glo vermis. Dit wil voorkom asof niks anders gesteel is nie.

Die terroriste het deur die venster die huis ingegaan, en weer daaruit weggevlug.

Die polisie ondersoek die moord.