Terroriste slagoffer oorlede

Die aanval op mnr. Mark de Villiers (43), van Hesteapark in Pretoria wat op 10 September in sy huis deur terroriste aangeval is, is in ’n Pretoriase hospitaal oorlede.

Hy het verskeie skietwonde opgedoen en is inderhaas na ’n hospitaal geneem na die aanval, maar is weens die ernstige wonde, Sondag oorlede.

Na wat berig word het hy verskeie hartaanvalle gehad wat sy dood verhaas het.

Mnr De Villiers was erg aangerand, en die barbaarsheid van die aanval het hom erg getraumatiseer, wat gelei het tot verskeie hartaanvalle.