Terroriste skiet pa voor kinders

Een van Absa se senior amptenare was ook die slagoffer van ’n terroriste aanval, en is Maandag ten aanskoue van sy gesinslede, in die oprit voor sy huis in Kempton Park doodgeskiet.

Wimpie Gadney (41), ’n streekbestuurder van Absa, is kort na vyfuur die middag by sy huis in Glen Marais geskiet toe hy sy gesin wou red van ’n kaping wat uitgevoer is deur twee gewapende terroriste.

Gadney en sy vrou, Janine, met hulle twee jong kinders het net tuis gekom toe die boewe op hulle toegeslaan het.

Een terroris het ’n wapen op Janine gerig, en sy het om hulp geroep, wat haar man uit die huis laat hardloop het om haar te help, en toe in ’n geveg betrokke geraak met een. Toe dit blyk dat hy die oorhand kry oor die boef, is hy ten aanskoue van die kinders deur ’n tweede een geskiet.

Daarna het die twee terroriste op die vlug geslaan.

Marais is deur bure te hulp gesnel en na ’n nabygeleë hospitaal geneem, maar het ’n uur later aan sy wonde beswyk.