In die wêreld van die rekenaarbedryf, het die tegnologie verbysterend vinnig beweeg sodat dit die spoed van klank laat agter bly – die tegnologie beweeg teen die kspoed van lig.
Dit is die sydelingse opmerking van ’n bestuurslid van Oranje Sake Instituut na aanleiding van etlike nuwe uitvindings op die gebied van digitale rekenaar tegnologie.
As mens daaraan dink dat daar gemiddeld sowat 180 miljard SMS boodskappe elke 24 uur van een punt na ’n ander beweeg, dan word dit byna onbegryplik vir die mens se brein.
In daardie selfde tyd vlieg sowat 150 miljoen e-posse deur die lug na ’n bestemming, wat iewers op die aarde is, en die afstand daarheen word byna in ’n paar sekondes afgelê.
Asof dit nie genoeg is nie, sal internet gebruikers bykans 5 miljard keer die Google soekengin gebruik terwyl 30 miljoen selfoon-apps elke 24 uur afgelaai word en meer as 2 miljard Skype gesprekke in dieselfde tyd plaasvind.
Dan is daar nog die twiets en die bakkiesblad mense wat miljoene boodskappe oor en weer na mekaar slinger, soms vol komplimente, soms is dit gevaarlike dreigemente.
Al die wonderlike tegnologie is prysenswaardig, maar bewaar jou as Eskom jou kragtoevoer afsny omdat beurtkrag jou beurt geword het.
Dit is nogal noemenswaardig. Baie van die aksies word darem in parallel toegepas en nie deur een rekenaar nie. Moenie die mens, as hoogste skepping van die Vader, buite rekening laat nie. Volgens ‘n toepaslike definisie van “inligting” vloei daar gemiddeld 10 tot die mag 24 (10 000 000 000 000 000 000 000 000) inligtingsgrepe daagliks deur die menslike liggaam – een liggaam, nie ‘n spul gekoppelde rekenaars nie.
Sal nie weet van Google nie. Daar is veiliger “soekenjins” wat meer respek vir ‘n rekenaargebruiker se privaatheid en vertroulike inligting het.