Switserland, hier kom ons!

’n Afvaadiging bestaande uit persone van die VF Plus en TLU SA is oppad na Switserland om die internasionale gemeenskap op hoogte te bring van die onregpleging teenoor die minderhede in Suid-Afrika.

Die VF Plus se leier, dr. Pieter Mulder, en dié party se voorsitter van hul Buitelandse Sake-komitee, Andre Fourie, vorm deel van die afvaardiging.

Die assistent-hoofbestuurder van TLU SA, mnr. Henk van de Graaf, verteenwoordig die landbou-organisasie.

Die afvaardiging sal eerskomende Maandag en Dinsdag die Menseregtekommissie se forum in die Verenigde Nasies te woord staan en vier mosies sal ingedien word.

Waarskynlik sal die plaasmoorde as eerste mosie ingedien word, en die kommissie inlig oor die feit dat 1,600 mense uit die landbou sektor in 20 jaar se tyd vermoor is.

Die syfer wat hiermee vergelyk moet word, is wat die tendens regoor die wereld is, en dan is dit skrikwekkend om te weet dat daar ’n enorme verskil is.

Mnr. Henk van de Graaf wys daarop dat die gemiddelde moordsyfer 7 mense uit elke 100,000 is, terwyl dit in Suid-Afrika 32 is, maar as daar slegs van plaasmoorde gepraat word, is dit in die land 152 mense per 100,000.

Ander mosies wat sal dien, is regstellende aksie, grondgryp-beleid, en die onmenslike “swart ekonomiese bemagtiging” as beleid van die regering.

Die afvaardiging keer kort daarna weer terug na Suid-Afrika, maar enkele landbou- en politieke organisasies sal ook daarna gesprekke voer met die Suid-Afrikaanse afvaardiging.

Die afvaardiging sal ook die Unrepresented Nations and People’s Organisation (Unpo) se vergadering bywoon.

Foto – Henk van de Graaf