Suzanne steeds bedenklik, maar reageer al

Suzanne Leyden (36), wat verlede week deur ’n motoris raakgery en meters vêr gesleep is sonder om stil te hou, verkeer steeds in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die hospitaal.

Familie en vriende is opgewonde nadat hulle vasgestel het dat sy begin reageer wanneer sy aangeraak word.

Die jong onderwyseres wat Afrikaans aanbied by die  Sandown High School  in Johannesburg, was in ’n ligte botsing betrokke toe sy deur ’n voertuig raakgery is. Die motoris het nie gestop nie, en sy is deur die voertuig saamgesleep wat tot ernstige kop en lyf beserings gelei het.

Die motoris in ’n bakkie het haar Audi A4 van agter gestamp, en toe sy uitklim om die persoon en sy motor se besonderhede te neem, het ’n stryery ontstaan, waarna die motoris weggejaag het.

’n Ooggetuie sê hy het gesien wat gebeur het.

Die bestuurder van die bakkie het weggery net toe die verkeerslig groen slaan, en die vrou is blykbaar vasgehou deur die motoris terwyl hy wegry.

Etlike meters verder het hy haar glo gelos en stadig weggery so asof hy wou sien wat gebeur met haar.

Sy het hard met die teerblad kennis gemaak, maar toe sy opstaan, was die bakkie weg.

’n Kringtelevisiekamera wat opgestel is in St. Andrewsweg en sowat 100 meter van die verkeerslig af is, word nou nagegaan om te kyk of die voorval enige besonderhede bevat wat daartoe kan lei dat die skuldige vasgetrek kan word.

Foto – Suzanne Leyden