Suid-Afrika weer die skandemaker

Ten midde van ’n Internasionale ooreenkoms wat deur Suid-Afrika onderteken is, gaan dit nie nagekom word nie, en gaan die land weer met ’n rooigesig rondstaan tussen al die ander wanneer die oorskakeling na ’n stelsel van digitale TV-uitsendings in werking tree.

Die ooreenkoms is aangegaan dat Suid-Afrika op 17 Junie 2015 oorgeskakel sal wees na die digitale stelsel, maar die Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, het erken dat dit nie gaan gebeur nie.

Sy het in die parlement erken dat die spertyd nie gehaal gaan word nie, “maar ons land doen iets daaromtrent”, het sy gesê.

’n Dispuut het verlede jaar ontstaan tussen die regering en MultiChoice wat die eiendom is van Naspers oor die toegang tot die stelsel.

MultiChoice het toe ’n hofbevel gekry wat die regering glo gekortwiek het om die stelsel gereed te kry vir toepassing.

Sedert Muthambi in Mei haar amp aanvaar het is daar beraadslaag oor die dooi punt, maar skynbaar word geen vordering gemaak nie.

Sy het aangekondig dat dekodeerders glo gebruik gaan word om die seine om te skakel na digitaal en was van meet af die regering se plan.

’n Europese dagblad berig dat die Suid-Afrikaanse regering nie te vertrou is met ooreenkomste nie, want dit is glo nie die eerste keer dat ooreenkomste in die wind geslaan is nie.

Voorheen is ooreenkomste met ander lande nietig verklaar soos die met die VSA se weermag wat op die nippertjie gekanselleer is deur die weermag van Suid-Afrika.