Staat sluit honderde skole

Die aanwas in die bevolking is skynbaar nie ’n faktor waarmee die regering rekening hou terwyl hy jaar na jaar van die openbare skole sluit nie.

Sedert die ANC die land regeer is sowat 3,600 skole se deure toegemaak en moes leerlinge elders heen om skool te gaan.

In ’n peiling word getoon dat daar in 10,6 miljoen leerlinge op skool was, en tien jaar later was daar 10,9 miljoen op skool volgens die Statistiekdiens van die land.

Vrystaat het nie minder as 870 skole verloor nie, en is die provinsie wat die swaarste getref is, terwyl Natal met 106 skole minder, die kleinste verlies het.

Die onderwysdepartement voer aan dat die skole gesluit is weens ’n afname van leerlinggetalle wat ingeskryf het, en dat die verstedeliking daartoe lei dat kleiner skole se deure moet sluit.

Groot getalle swart leerlinge word deur ouers in die tradisionele model C skole geplaas, wat daartoe lei dat dié skole oorlopens toe vol geraak het.

Die departement voer aan dat daar voorheen in elke gehuggie ’n skool was, maar dit het glo onlonend geword met die verstedeliking wat ondervind word.

Die Depaertement van Onderwys sluit glo skole met leerlinggetalle wat minder is as 150 na 200, aangesien die koste van onderwysers, en ander befryfsuitgawes,  nie die skool se bestaan regverdig nie.

Die Minister van Onderwys sê glo dat skole wat sluit, deur ’n taakspan ondersoek word om te bepaal of die geboue gesloop moet word, en of dit vir iets anders benut kan word.

Die Departement sê dat 2,800 nuwe skole is in die afgelope 20 jaar opgerig, en is sowat 85,000 klaskamers by bestaande skole aangebring