Staan nader jou ete is hier

Staan nader jou ete is hier

 

Akoestiese etikette om visse vir wetenskaplike navorsing  op te spoor, kan dien as ‘n aandete klokkie wat hulle blootstel aan predatore, meen navorsers.

‘n Studie deur Britse navorsers het getoon dat robbe gemerkte visse bo dié sonder etikette verkies.

Tien jong robbe met geen vorige ervaring van akoestiese etikette nie, is in ‘n swembad geplaas waarin 20 houers met gemerkte en ongemerkte visse is. Die robbe het die gemerkte visse tydens minder besoeke aan die houers gekry, eerder as ongemerktes. Hulle het gou geleer om die akoestiese etikette te gebruik om kos op te spoor, het die navorsers in die tydskrif, Proceedings, geskryf.

Wetenskaplikes gebruik die akoestiese etikette in navorsing om visspesies se oorlewing en die welstand van visvoorrade na te vors.

Die etikette stuur ultrasoniese frekwensies uit wat nie deur die vis waaraan dit geheg is, waargeneem kan word nie. Hulle predadore hoor blykbaar egter wel die seine.

Die omgekeerde kan ook gebeur wanneer die predatore gemerk word en hulle prooi tel die seine van die etikette op en slaag daarin om te ontsnap.

Die resultate van die navorsing het die belangrikheid van al die diere in die omgewing se ouditiewe sensitiwiteit benadruk wanneer ‘n studie met akoestiese etikette onderneem word, was die navorsers se slotsom.