Sonpaneel-kragplaas word verwoes

Die groot sonkrag-projek naby Upington in die Noord-Kaap is feitlik vernietig toe ’n hewige storm die gebied getref het en derduisende Rand se skade aangerig is.

Die skade het talle dorpe in die omgewing geraak wat aangewys is op die krag wat deur die sonkragplaas gelewer word.

Die stormsterk wind het selfs ’n massiewe hyskraan van ’n toring wat in aanbou is, los geruk wat veroorsaak het dat die toring gekantel en kantoorgebou ineen laat stort het.

Dit het tot die dood van twee werkers gelei, en sewe ander het met beserings in die hospitaal beland.

By Raaswater, sowat 12 km van die sonkragplaas, is verdere skade aangerig deur die storm toe ’n boom ’n woonhuis letterlik middeldeur geval het.

By Kanoneiland het die weerlik en donderslae reg laat geskied aan die plek se naam, want die geblits en geklap van donderweer was hewig en vreesaanjaend.

Ou inwoners van die gebied sê hulle het in baie jare nie so ’n erge windstorm beleef nie, en die skade wat aangerig is by die sonpaneel-plaas sal etlike maande duur om hestel te word.