Skuldlas laat poskantore sluit

Die enorme skuldlas van die Poskantoor is die rede waarom verskeie poskantoor takke reeds hulle deure moes sluit.

Van die poskantore is in Kaapstad gesluit weens  agterstallige huurgeld op die gebou, en onbevestigde berigte dui daarop dat sowat agt tot tien poskantoor takke gesluit moes word.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor se woordvoerders het glo erken dat hulle met ’n enorme finansiële probleem te kampe het wat tot die sluiting gelei het.

Van die poskantoortakke wat moes sluit, is in winkelsentrums geleë en sakemanne wat die verhuurders is, se geduld het glo opgeraak met die poskantore wat agterstallig bly met hulle huurgeld.

Die Poskantoor het glo ’n verlies van meer as R500 miljoen getoon in die afgelope halfjaar, en die vooruitsigte is maar skraal dat daar binnekort ’n drastiese verbetering sal intree.