Skuldig aan hoogverraad

Johan Prinsloo (52), wat as die beskuldigde in die verhoor oor die sogenaamde “Slag van Mangaung”, tereg staan, is in die Bloemfonteinse Hooggeregshof skuldig bevind aan hoogverraad.

Hy is ook skuldig bevind vir die onwettige besit van ammunisie.

Prinsloo, ’n sakeman van Springs aan die Oos-Rand in Sentraal-Transvaal, is op Geloftedag in 2012 in hegtenis geneem nadat die polisie vermoed het dat hy en ander mense, ’n aanval beplan het op senior lede van die ANC.

Die regter het bevind dat hy een van die hoof figure was in die komplot, en dat hy die geld voorsien het om mortiere aan te koop vir die beplande aanval.