Skooldogter is gesoute woord speller

‘n Tienjarige dogter met ‘’n pragtige poniestert het onlangs ‘n landswye woordspelkompetisie gewen.

Hannia Kempen het 21 ander Graad 4’s regoor die land in die eindrondte van die WOW Nasionale Spelfees in Stellenbosch uitgestof.

Hannia van die Laerskool Mooirivier, Potchefstroom is nou al bedrewe want sy was verlede jaar die nasionale wenner vir Graad 3’s in dieselfde kompetisie.  WOW (Woorde Open Wêrelde) is ‘n inisiatief van die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees

Woorde van ‘n voorbereide lys, wat vooraf geleer kon word, asook onvoorbereide woorde is aan die deelnemers gevra. Teen die einde van die kompetisie was net Hannia en ‘n seun oor. Wat haar prestasie so besonders maak, is dat die heel laaste twee woorde, “abdominale” en “aannemingsklasse”, albei onvoorbereid was. Hannia kon albei reg spel en het as die wenner uit die stryd getree.

Taalvaardigheid is deel van Hannia se gene want haar pa, Willem, en ma, Cornia, is albei joernaliste. Cornia is tans ‘n dosent in joernalistiek aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus. Haar oupagrootjie was die bekende taalkundige en dosent aan die Universiteit van Stellenbosch, prof Willem Kempen.

 

 

 

Hannia meen dat sy kan goed spel omdat sy van jongs af baie lees. Haar wenprys in die spelkompetisie het ‘n tablet-rekenaar, R500, ‘n tweetalige woordeboek en ‘n geskenkpakkie ingesluit.