Skokkende selfmoord by hospitaal.

‘n Man wat ‘n ligte graad van depressie ondervind het, het homself in die gesig geskiet, en dit nogtans wonderbaarlik oorleef.

Asof die wêreld  vir hom te moeilik geword het, het hy verlede week na sy dood gespring.  

Leon Goosen (57) het uit ‘n venster by die intensiewesorg-eenheid op die tweede verdieping van die Life-Rosepark-hospitaal van Bloemfontein, gespring. 

Goosen, wat as ‘n ernstige siek trauma pasiënt deur die bestuurder van die hospitaal, Hein Rossouw, beskryf is, het enkele minute voordat sy seun, Leon, ‘n onderwyser aan die Hoërskool Sand du Plessis hom sou besoek het, na sy dood gespring. 

Volgens Rossouw sal die hospitaal berading aan die familie en personeellede wat die tragedie aanskou het, verskaf.