Sjokolade reus skrik vir klein besigheid

Die groot Italiaanse sjokoladevervaardiger, Ferrero Rocher, het aansoek gedoen om die handelsnaam van ‘n klein konfytfabriek in Montagu te kanselleer. 

Zelda Roscherr, eienaar van Roscherr’s Fine Foods, wat haar eie konfytfabriek bedryf, het gesê sy sal nie toelaat dat die groot Rocher haar boelie nie. 

Zelda en haar man het die klein besigheid, Konfyte in 2008 gekoop, nadat hulle besluit het om ter wille van hulle dogter na die platteland te verhuis. Dit het so goed gegaan met die besigheid dat sy tans werk aan 26 permanente en 60 deeltydse werkers verskaf. 

Volgens haar is die geheim van hulle sukses die feit dat alles keurig en met die hand gedoen word.

Maar Ferrero Rocher meen dat die naam verwarrend is en voer aan dat konfyt soortgelyk aan sjokolade is wat die koper sal verwar.

 

In 2011 het Pietro Rocher, die een erfgenaam van die wêreldbekende groep wat ook Nutella, Kinder, Tic Tacs en ander lekkergoed vervaardig, in ‘n fietsongeluk in Kaapstad gesterf.