Sigarette-kaping gefnuik

‘n Motoris en polisieman is gewond in ‘n skietery kort nadat twaalf rowers ‘n vragmotor met sigarette op die R28 naby Randfontein gekaap het.

Die polisie het op ‘n wenk gereageer en op die bende afgekom waar hulle in die veld besig was om die sigarette in ‘n bakkie te laai.

Drie voertuie was langs die pad geparkeer en van die misdadigers het daarmee spore gemaak.

Na wat berig word, is van die kapers aangekeer en ander het weggekom.

Gedurende die afgelope jaar is miljoene Rand se sigarette die land in gesmokkel waarvan die meeste uit Zimbabwe afkomstig is.