Shaik het vergeet

Die getuie, Shamin Shaik, broer van die vrygelate Schabir, en die voormalige hoof van die weermag se wapenaankope afdeling, se geheue het hom nou in die steek gelaat oor die gebeure betreffende die omstrede wapentransaksie.

Hy sê sy geheue van bepaalde gebeure is dalk nou nie korrek nie, weens die tydsverloop en daarom kan daar dalk foute in sy weergawe wees.

Dit was sy opmerking tydens die ondervragings wat handel oor die wapenskandaal waar hy moes getuig voor die Seriti-kommissie.

Tydens sy getuienis het dit na vore gekom dat hy nie die bedoeling het om Krygkor of die Departement van Verdediging te weerspreek nie, maar wil bloot stel wat moontlik nog nie gesê is nie.

Shaik het in ’n beëdigde verklaring daarop gewys dat hy in sy amp oor geen besluitnemingsmag beskik het nie, en sê voorts dat die uiteindelike besluite by die kabinet berus het terwyl die Minister van Verdediging die wag gehou het oot aan aankoop transaksies.

Dit is bekend dat die Duitse tydskrif Der Spiegel in 2007 berig het dat aanklaers  glo in besit was van memorandums van die Duitse wapenvervaardiger Thyssen-Krupp oor vergaderings wat met Shaik gehou is. Volgens die tydskrif het hy $3 miljoen geëis om daarmee te verseker die kontrak is Duitsland s’n.

Die Duitse maatskappy sou vier korvette vir die SA Vloot bou, en het Shaik glo in 1998 die “omkoop bedrag” aangevra.

In 2002 het hy uit die staatsdiens bedank nadat bevind is dat hy glo vertroulike inligting misbruik het.

Foto – Shamin Shaik