Selfbeskikking – Afrikanerberaad gehou

Drie besondere indrukke staan voorop van die beraad wat die afgelope naweek gehou is in Pretoria:

i  Die wye spektrum van standpunte is verteenwoordig deur die deelnemers wat in persoonlike hoedanigheid inskakel en opgetree het.

ii  Die eensgesindheid dat selfbeskikking, binne volksverband, in ´n eie grondgebied deur elkeen teenwoordig as die einddoel beskou word, was verblydend.

iii  Dat hierdie doelwit wat betref die Afrikaner / Boere-Afrikaner, het nie net histories ons volks-identiteit help vorm  nie, maar is ook regtens ons volk se onvervreembare aanspraak.

Dit het ook tydens die besprekings duidelik geword dat die moontlike oplossings wat voorgehou is, nog baie skaafwerk nodig het voor dit aan ons volle vryheidsideaal gaan voldoen. 

Die deelnemers was dit eens dat heelwat struikelblokke nog oorbrug moet word, waarvan talle binne en buite die volk se geledere bestaan.

Die ses-tal voordragte van verskillende sprekers het nogtans baie inligting na vore gebring, en daaruit het positiewe bespreking gekom wat bemoedigend was.

Tydens die beraad het dit ook na vore gekom dat die volk se saak en sy vryheidsideaal, nie tydens die referendum van 1992  getoets is teen die prysgawe van vryheid nie.

Enkele insiggewende opmerkings en voorstelle het die belangstelling geprikkel.

Die volks-publiek moet nie die impak van heidense onderwys, spesifiek die verdraaiing van die volk se geskiedenis, onderskat nie. Die kunsmatige Afrikaner-haat wat dit skep, is ingeprent in die identiteite van die swart bevolking.

Die sprekers het elkeen ’n besonder bydrae gelewer, en beklemtoon dat volksgenote moet weet dat as hulle niks doen aan ons saak vir vryheid nie, gaan niemand anders dit vir ons doen nie.

Indien ons nie die wetgewende opsie self ter hand neem nie, gaan ons vyande en teenstanders dit beslis nie doen nie, of dit so verwater dat ons ´n moontlike geleentheid verbeur.

Elke verskil ten spyt, die uitgesproke einddoel was telkens selfbeskikking binne ’n eie grondgebied.