SAL moet weer leer vlieg

Spesialiste sal so gou doenlik as wat moontlik is, aangestel moet word om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) reg te ruk.

Die lugredery is tegnies bankrot en moet oorleef op staatswaarborge vir lenings, aldus die Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown.

Een van die eerste take van die spesialiste sal wees om SAL se finansiële state vir die jaareinde tot en met Maart 2014 voor te berei sodat dit uiteindelik aan die parlement voorgelê kan word.

Die tesourie vereis dat SAL op sy eie bene moet staan en verkieslik ‘n winsgewende onderneming sal wees, sodat dit nie van die staat afhanklik is om aan die gang te bly nie.

Sekere roetes waarop SAL vlieg, asook sy verouderende vloot, is van die instansie se kopsere. Vyf van die internasionale roetes wat SAL tans bedien, is volgens Brown nie winsgewend nie. 

SAL se grootbaas, Monwabisi Kalawe, is glo op spesiale verlof weens persoonlike en professionele redes. Die hoof van die laekoste redery, Mango Airlines, Nico Bezuidenhout, sal die voortou by SAL neem in Kalawe se afwesigheid.