SAL-bestuur kan nie opstyg

Pogings word aangewend om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se geskorste bestuurder weer in sy pos aan te stel.

Die direksie van SAL het aldus sy prokureur, ‘n vertroulike vergadering met die redery se uitvoerende hoof, Monwabisi Kalawe, gehad.

Kalawe is vroeër deur die voorsitter van die SAL-direksie, Dudu Myeni, geskors en op verpligte verlof geplaas.

Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het egter beveel dat sy skorsing opgehef, en hy weer sy pos moet beklee.

Die rede wat sy aangevoer het vir die besluit is dat sy “kontinuïteit” by die lugdiens verkies.

Gedurende die afgelope sestien jaar het SAL vyf uitvoerende hoofde gehad en drie wat in die betrokke pos waargeneem het. Tans neem Nico Bezuidenhout, die uitvoerende hoof van die SAL se laekoste­filiaal, Mango, vir ‘n tweede keer waar in hierdie pos.

Die SAL is tegnies bankrot en sal net soos vele ander staatsondernemings kapitaal-waarborge van die tesourie moet kry om aan die gang te bly.