SABC water Afrikaans af

Die marginalisering van Afrikaans deur die SABC het daartoe gelei dat die natuurlewe-program, 50/50, na dertig jaar nou 80% Engels is.

Die program is vir dekades op SABC2 uitgesaai, maar is na SABC3 verskuif waar dit weekliks Sondagmiddae uitgesaai word. Die eerste episode van ‘n nuwe reeks is reeds uitgesaai.

Die 20% wat aan Afrikaans afgestaan word, voldoen aldus die aanbieder en reeksvervaardiger, Ntozoko Mbuli, aan die taalvereistes van SABC3.

Die inhoud van die program sal glo dieselfde bly.

Ontleders het daarop gewys dat diie SABC sy naam gestand doen, want die naam SAUK bestaan nie meer nie, en Afrikaans word al minder gebesig.

“Een van die belaglikste, maar ook kommerwekkende gebruik wat deur die uitsaaier toegepas word, is om die enkele Afrikaanse programme wat nog uitgesaai word, in Engels aan te kondig,” word gesê.