SA weermag soldate kritiek na hinderlaag

Dit blyk asof die SA Weermag nog nie sy troepe goed genoeg geleer het om ’n hinderlaag te identifiseer nie, nadat nog soldate in ’n hinderlaag vasgevang was in die oorlog geteisterde Soedan.

Minstens twee van die Weermag se soldate verkeer in ’n kritieke toestand nadat hulle as deel van ’n Verenigde Nasies (VN) vredesmag in die Soedan ontplooi is.

Wat die voorval nog vreemder maak, is die feit dat die aanval naby die basiskamp van die Vredesmag plaasgevind het, wat daarop dui dat die rebellemagte deeglike spioenasiewerk gedoen het.

Twee ander soldate van die Vredesmag het geringe wonde opgedoen, maar die twee soldate van Suid-Afrika moes inderhaas per helikopter na ’n VN hospitaal in El Fashir geneem word.

Die soldate is glo verras toe hulle onderweg was om water te skep by ’n nabygeleë watergat. Die rebellemagte het skielik op hulle losgebrand.

Dit is nie bekend of enige van die rebelle gewond is nie.