SA dok op vir foto’s

Die Oos-Kaapse departement van Gesondheid het sowat R1 miljoen begroot om meer as 1,500 geraamde foto’s van sy topamptenare regoor die provinsie te laat pryk.

Die tender daarvoor is reeds geadverteer, maar is  nog nie toegeken nie. Alhoewel ‘n spesifieke bedrag nie genoem is nie, kon die departement nie ontken dat hy wel R1 miljoen daarvoor begroot het nie.

Die rame sal glo behou word, en net die foto’s sal verander word wanneer nuwe ‘gesigte’ op die politieke toneel verskyn. Volgens die woordvoerder doen alle staatsdepartemente dit.

Hy het benadruk dat foto’s van die president, premiers en lede van die nege provinsiale uitvoerende komitees in enige staatsdepartement gesien kan word.