Ru-olieprys nou laagste

Brent ru-olie het op Donderdag, 13 November, ‘n nuwe laagste prys van onder $79 per vat bereik. Dit is die laagste prys in vier jaar.

Die laer vraag uit China, as die wêreld se grootste ru-olieverbruiker,  het bygedra tot die laer prys. Die Chinese ekonomie is besig om teen ‘n laer koers te groei.

Lande van die Opec oliekartel kom binne twee weke byeen om ‘n verlaging in hulle produksie-uitset te oorweeg ten einde die ru-olieprys op te dwing. Vorige pogings om produksie in te kort het misluk omdat Saoedi-Arabië, die sterkste vennoot in die kartel, nie wil saamwerk nie omdat hy nie sy markaandeel wil prysgee nie.

Die twee grootste olieproduseerders, Rusland en Nigerië, se ekonomieë ly tans onder die lae ru-olieprys wat die afgelope vyf maande met 30% gedaal het.