Rower, plunderaar of terroris?

’n Swartman is deur die polisie se K9-eenheid by Silver Lakes, in die ooste van Pretoria vasgetrap weens die onwettige besit van plofstof.

Dit is nie seker of die verdagte ’n lid van ’n terreurorganisasies is, en of hy moontlik ’n plunderaar van ondermeer kitsbanke is nie.

Die man is in die parkeerruimte van Makro geïdentifiseer, en deur die polisie vasgetrek nadat hulle ’n wenk ontvang het.

Die Garsfontein-polisie en die K9-eenheid het in ’n gesamentlike operasie, die man vasgetrek en sy voertuig, ’n 3-reeks BMW, daarna deurgesoek.

’n Groot klomp plofstof wat kommersieel in myne gebruik word, waarvan die straatwaarde nog nie vasgestel is nie. is in die bagasiebak van sy motor gevind,

’n Polisiewoordvoerder het die moontlikheid geopper dat die man die plofstof dalk wou verkwansel.

’n Klag vir die onwettige besit van plofstof is teen die man gelê wat in aanhouding bly.

Die verdagte is glo afkomstig uit Oos-Transvaal, maar die voertuig se registrasie nommers is die van Wes-Transvaal, en daar is ’n EFF-plakkaat in die motor gevind.