Regering swyg oor spioenasie-tuig

Die ANC regering is so stil soos die graf oor die spioenasie wat gedoen word met behulp van ’n Russiese satelliet, en gaan blykbaar nie eers bespreking in die parlement toelaat oor die onderwerp nie.

In reaksie hierop het ’n woordvoerder van Projek2010 gesê die optrede van die regime bring die moontlikheid weer sterk na vore dat daar wel van terroriste gebruik gemaak word om die volksmoord op blankes uit te voer.

Die beweging van blankes kan behoorlik gemoniteer word, wat aanvalle op hulle soveel makliker maak. Die talle voorvalle waar terroriste die slagoffer in sy eie huis ingewag het, is een voorbeeld van hoe bewegings dopgehou is, het hy gesê.

Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die speaker, Baleka Mbete, blykbaar versoek om ’n vraag oor die regering se Russiese spioenasie satelliet uit die openbare oog te hou.

Die Satelliet wat as  “Profect Consolidated Flute”, beskryf word, sal blykbaar nie as besprekingspunt toegelaat word nie.

Die projek wat meer as R1,2 miljard gekos het, word met groot geheimhouding bewaar terwyl die belastingbetalers ’n reg het om te weet waar en teen wie die spioenasie gevoer word, het hy gesê.

Die vermoede bestaan ook dat die spioenasie-satelliet gebruik word om die optrede, bewegings en handelinge van die blankes in die land te moniteer.

Waarnemers meen egter dat daar ’n sterk moontlikheid bestaan dat die tuig aangewend word deur Rusland om seker te maak sy “Afrika-vennoot” bly op koers volgens Rusland se voorskrifte.

Die deel van die tuig wat vir Suid-Afrika se “spioenasie” beskikbaar is, word waarskynlik net as troosprys gebied en Rusland sy doel daarmee bereik terwyl Suid-Afrika help betaal het daarvoor.

Die voordeel vir Rusland is daarin dat hy sy spioenasie kan doen terwyl die satelliet bekend staan as ’n tuig van Suid-Afrika.

.