Protes teen ontoeganklikheid van sleutelpunte

Die aktiviste groep, Right 2 Know (R2K) hou ’n veldtog  om blykbaar vanaf hierdie week protesaksies te voer beginnende by die Johannesburgse Hooggeregshof.

Die protesoptog volg nadat die aktiviste besluit het om ’n aansoek na die hof te bring oor die publiek nie behoorlike toegang het tot die lang lys sleutelpunte in die land nie.

Die protesoptog het Maandag begin en die verwagting is dat dit later na ander gebiede gaan uitbrei.

R2K sê in ’n verklaring dat die Suid-Afrikaanse Geskiedenisargief (Saha) gaan die hof nader ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia), en versoek om die weiering van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om dié lys bekend te maak, ter syde te stel.

R2K sê in hulle verklaring die optrede is nodig en is ’n belangrike stap om ongekontroleerde geheimhouding, asook die moontlikheid van misbruik van die land se beleid oor nasionale sekuriteit, behoorlik teen te staan.

Saha het blykbaar die polisie sowat twee jaar gelede versoek om ’n lys sleutelpunte wat beskerm word, bekend te maak.

Die Wet, wat uit die vorige bedeling kom, word glo nou misbruik om die Nkandla-fiasko te verdoesel, en ander korrupte skandale te verberg vir die publiek, word gesê.