Poskantoor halfmas aan die gang

Meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se werkers het weer teruggekeer werk toe na ‘n máánde lange staking.

Dit volg nadat ‘n loonooreenkoms vir ‘n salarisverhoging van 6,5% met die twee grootste vakbonde, Sapawu en Depacu, bereik is.

Die aanstelling van deeltydse en stukwerkers as voltydse werkers vorm ook deel van die ooreenkoms waartoe die onderskeie partye ingestem het. Daar sal van 1 Desember met hierdie proses begin word en die werkers sal vanaf 1 April aanstaande jaar volle voordele geniet. Die volle oorskakelingsproses sal binne twee jaar voltooi word.

Die hele direksie van die Poskantoor het vroeër bedank sodat ‘n span kan ingryp om binne drie maande sake moet regruk. Die hooftaak van hierdie span onder leiding van Simo Lushaba is om die Poskantoor se finansiële verliese aan te spreek en die staking finaal te beëindig.