Poppespel

As ‘n man wat bekend is daarvoor om sy tyd deur te bring met sy hand in die agterstewe van ‘n swart pop ingewikkel, jou begin teister, het jy seker rede tot kommer. Of jy regtig so bang hoef te wees dat jy ‘n hofbevel teen hom kry is ek nie seker oor nie. Die man is immers net dapper genoeg om regtig sy sê te sê as hy dit deur sy pop kan doen. Die groot ironie is dat Conrad Koch skynbaar onbewus is van die vet, gretige liberale hand met lang vingers wat tot diep in sy eie buik penetreer.

Hy self word gebruik as ‘n pop wat moet buikspreek wat die komediant met die vet hand in sy holte wil sê. Die enigste verskil tussen hom en sy pop Chester is dat hy waarskynlik meer swart is. As iemand so deurmekaar grootword dat hy sy eie ras haat, moet mens, sielkundig gesproke, seker nie verbaas wees as hy as volwassene man popspeel nie.

Dit is merkwaardig hoe die regering se propagandamasjien dit kon regkry om wit swakkelinge tot die punt te bring om namens hulle teen regdenkende blankes te baklei.

Intussen is die “Afrikaans is groot” borge ook al gekruisig net omdat Steve daar optree. As hierdie komediant alles wil aanvat wat Steve al by betrokke was, moet hy oorlog verklaar teen die helfte van die vroulike blanke bevolking van die land! Hy mik seker maar op groot besighede. Deur hulle aan te vat haal hy darem die nuus en is daar nou meer as sewe mense wat van hom weet. Hoewel Land Rover se winste grootliks uit Afrikaanse sakke kom, is dit nie ‘n verrassing dat hulle onmiddelik die liberales gevrees het nie. Dit is immers ‘n ingelse voertuig wat deur Indiërs besit word. Hulle kan maar Tata sê vir enige besigheid wat hulle uit my wou kry. (Ek sou ook nooit ‘n Landie kon bekostig nie, maar hulle weet dit nie.)

Ook die besmette mandelatjies op die note wat Pick ‘n Pay in hul besmette kasregisters indruk, praat meestal Afrikaans. Tyd sal leer of hulle enduit sal sterk staan teen die nuutste aanval op die taal.

Ek weet nie of ou Stefan se hofsaak regtig iets sal maak nie, maar hierdie Koch niggie moet liefs voortaan sekere Afrikaanse geselskappe vermy of die poppe sal dans…en nie op die manier wat hy geniet nie.

Tot volgende slag

Die Sweep