Polisieman vertrou net ‘n dooie blanke

’n Swart polisiesersant van Pretoria staar tugstappe in die gesig nadat hy uitgevang is dat hy in sy WhatsApp-status geskryf het ’n mens net ’n blanke kan vertrou wat dood is.

Na bewering het meer as tien blanke polisiebeamptes ’n klag teen die optrede van sersant Hendric Mthimunye gelê wat nou deur die polisiehoofde ondersoek word.

Volgens bewerings het hy met sy status aangedui dat: “Never Trust the White Man, the only Time you Trust Him is when he is dead.”

Hy verskyn glo op sy profiel met ’n rooi baret van die EFF op sy kop.

Die klaers sê hulle voel dat hulle hom nie verder kan vertrou as hy sulke rassistiese opmerkings op die internet maak nie.

Hendric het later gesê alles is ’n misverstand.