Polisie-wandade styg

Klagtes oor beweerde verkragtings deur polisielede het tussen April en September vanjaar, teenoor dieselfde tydperk verlede jaar met 25% toegeneem.

Boonop het die verkragting van persone in aanhouding met 160% toegeneem, het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) in die parlement bekend gemaak.

Volgens mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus is dit egter nog meer kommerwekkend dat van die byna 500 aanbevelings deur die OPOD omtrent optrede teen polisielede, slegs sowat 7% afgehandel is.