Polisie brutaliteit duur voort

Die brutaliteit van polisiebeamptes duur voort, en skynbaar word daar nie streng genoeg opgetree teen sulke oortreders nie.

Dit is die mening van politieke ontleders nadat dit bekend geword het dat die Minister van Polisie al weer ’n eis van R120,000 moet betaal ingevolge ’n hooggeregshof bevel.

’n Gimnasium-werknemer is glo tydens sy inhegtenisneming deur die polisie mishandel deur hom op die grond te laat lê en is hy met ’n voertuig se binneband aangerand.

Die eiser het aanvanklik R700,000 geeis, maar het later geskik op ’n bedrag van R120,000 vir die onregmatige arrestasie wat op hom uitgevoer, en omdat hy mishandel is deur die polisiebeamptes. Hy is glo ook met die vuis bygedam.

Die staat moet ook rente op die bedrag betaal, en die hofkoste vereffen.