Plaas Brits onder administrasie!

 

Die munisipaliteit van Brits is baie ontsteld oor ‘n verdoemende interne ouditverslag wat sogenaamd aan die media gelek is.

Dissiplinêre gaan geneem word teen die persoon wat dit aan die media gegee het, het die munisipaliteit se woordvoerder in ‘n verklaring gesê.

Die bewering wat in verskeie koerante omtrent die interne oudit se bevinding gepubliseer is, is boonop ongegrond en onwaar, aldus die waarnemende munisipale bestuurder.

Verskeie slenters het egter in die verslag na vore gekom, waarby bedrog van miljoene rand betrokke is. In een geval is R 2,2 miljoen op ‘n bedrieglike wyse goedgekeur en binne ‘n bestek van bykans 20 minute uitbetaal sonder dat die nodige handtekeninge of goedkeuring van die owerhede verkry is.

In die lig van die onderskeie bevindinge in die verslag het die opposisie ‘n beroep op die minister van samewerkende regering, Pravin Gordhan, gedoen om Brits munisipaliteit  onder administrasie te plaas. 

Foto – Pravin Gordhan