Vir die jeug en gesin rondom die jeug!
Is jy jonk, behoudend, opsoek na avontuur?
…of word jy gevang vir aandete?
Lesers
Die gereelde kampe; stap-naweek in April / Mei 2015; geskiedenis-skattejag in
Die meeste van u sal, hopelik, bekend wees met ons kampe wat jaarliks aangebied word. Die kinders
Dit is ook goed, want hierdie ervarings help ons kinders vorm tot ´n jeuggroep wat sy plek
By die AVKB gaan hierdie vorming gepaard met vriende maak, lekker saam speel en ook speel-speel leer, in ons plaaslike gemeenskap of skoolverband. Onlangse was daar die Krugerdag vieringe (
Schildpaddop Selfbehoudkamp bied jaarliks vir kinders vanaf 12 jaar oud geleentheid om eerstehands veldkennis, navigasie en oorlewing aan te leer.
Hulle leer nie net hulle omgewing, natuurlewe en hulpbronne ken en waardeer nie, maar hoe om dit, soos ons voorouers, verantwoordelik te benut!
En dit uitslaap in ´n veldkamp is voorwaar ´n hoogtepunt vir een en almal, selfs vir die Kompas (volwasse voorganger) wie se lyf nie meer so gemaklik op moeder aarde wil slaap nie!
Westfalia Avontuurkamp is vir alle ouderdomme en bied elke jaar ´n verskeidenheid tema’s aan vir elke ouderdomsgroep
van bewuswording en ankers vir die jongste, seine, kampering en natuurbewaring vir laerskool, tot redding, ruiterkuns en veiligheid/weerbaarheid vir ons tieners.
Pionierskamp vir ons jong maats leer allerlei vaardighede en is in korter duur, met aktiwiteite afgestem op ons 6-11 jariges.
Op elke kamp is daar die erns met ons geloof en volkskultuur, ons simbole en ons waardes, maar ons bou toubrug, gooi kleilat en wie kan nou teikenskiet met ´n rekker weerstaan?
In die somermaande is vlotbou ´n ervaring soos min, al is die vlotvaart en braaivleis op die dam maar harde werk!
‘speeltyd vir kinder-vlotvaart’
En omdat die Kompasse en ander baie maal in gesinsverband kamp, word ons kinders letterlik van kindsbeen af hegte vriende, Afrikaner-vriende.
En kinders
Daar word ook op plaaslike vlak, in ons gemeenskappe en by eie skole, gewerk om ons kinders meer gereeld by aktiwiteite te betrek, om hulle sodoende ook in hulle onmiddelike omgewing bewus te maak van ons kultuurskatte. Hier
Kort geskiedenis
Die Afrikaner Volkskultuurbeweging, kortweg AVKB, kry sy beslag wanneer behoudende kultuurleiers uit Die Voortrekker Beweging tree. Nadat die nuwe nasie-simbole aanvaar word, spesifiek die volksvreemde landsvlag en die nasielied wat hulde bring aan ´n godheid vreemd aan gereformeerde Christene, was daar geen ander uitweg nie.
Na baie werk en opoffering vind die Stigtingskongres in Januarie 1998 plaas.
In Deuteronómium 6 kry die volk opdrag dat hulle die insettinge van die HERE aan hulle hulle kinders sal oordra, deurentyd en oral, ongeag waarmee hulle besig mag wees.
Psalm 78 leer dat dat God met die mens werk deur die geskiedenis, volgens Sy heilsplan, dus ook met volke in die verloop van húlle geskiedenis.
Afrikaner kinders kry in die AVKB weer ´n kultuurtuiste waar die Christelik-Protestantse geloof en waardes van ons voorgeslagte waarlik herleef.
Ons volksimbole, volksgebruike en volksgeskiedenis vorm deel van al ons doen en late.
Waarom vra ons u steun?
Ter wille van kinders se nood aan ´n behoudende, Christen-Afrikaner kultuurbeweging, waar ons nie skaam is om te staan by ons geloof, ons geskiedenis en ons simbole nie.
Kultuur wat nie gekoester én uitgeleef word nie, gaan eendag tot niet.
By die AVKB berei ons ons kinders voor om eendag by ons die vryheids-fakkel oor te neem, verder die toekoms in.
By die AVKB word daar nog werklik koers gehou op die pad van ons voorsate.
As jy meer van die AVKB te wete wil kom, skakel gerus die Distrik Paul Kruger se mense. Ons sal jou graag te woord staan.
Vonkpos [email protected]
Loopfoon 078 929 1938 (nig Clarissa) 083 327 5476 (neef Hermann)
082 769 4884 (neef Gert) 081 085 1620 (neef Joffré)
Facebook-groep "Schildpaddop Selfbehoudkamp
Is al ‘n bietjie bejaard vir ‘n jeugbeweging. Het maar net ‘n wenk: Wil die AVKB nie ook Heidelberg as ‘n kultuurstilhouplek (bv. ‘n daguitstappie) maak nie, dit wemel eenvoudig van Afrikaner-geskiedenis in daardie omgewing, van die ou tronk (nog voor die Tweede Vryheidsoorlog gebou en waar Salmon van As na die aankondiging van die vrede gefussileer is, die koeëlgat nog in die muur sigbaar; die ou konsentrasiekampbegraafplaas, die Kloof-begraafplaas (waar talle Boere-gevallenes in die twede Vryheidsoorlog begrawe lê, ook ds. Van Warmeloo wat as predikant opgtree het tydens die Paardekraal-byeenkoms wat aanleiding gegee het tot Eerste Vryheidsoorlog. Die ou NG kerk-gebou is ‘n historiese baken waar DF Malan en ds. AM Louw (betrokke by die stigting van CNO-skole, skoolgehou het. Die digter AG Visser se huis op die dorp. Ook groot kultuurgeeste (die skepper van Die lied van Jong Suid-Afrika), was van Heidelberg. Daar is die Driemanskap-standbeeld voor die ou stadsaal, Heidelberg wat tydelike hoofsetel van Transvaal was in die Eerste Vryheidsoorlog. En die beste van als is, daar is mense nog in lewe wat daar kultuur meegemaak het en dit ken, mense soos Stephen Eyssen geken het en weet van die historiese standplase in en om Heidelberg, mense soos oom Daan Nolte (AVS) en Hans le Roux (Volkspele-beweging). Gee die Afrikaner-jeug ‘n kans om saam met hierdie mense en nog meer (wat van daardie lopende ensiklopedie oor die geskiedenis van Heidelberg tot by Standerskop en verder, oom Ludwig Ankewics, wat die jong Boertjies kan wys waar die eerste Trekkers (Maritz en Potgieter) se laers gestaan het na die aankoms van die Trekkers uit die Kaap?) Hier lê n skat aan Afrikaner-kultuurgeskiedenis wat net wag om deur die lede van jul beweging ontdek te word. Ai, hoe trek my hart nou met ‘n punt na die Suikerbosrant!
DF Malan en AM Louw het natuurlik nie op Heidelberg skoolgehou nie, hulle was predikante daar. En dan het Eugene Marais mos ook op Heidelberg gewoon, hy en AG Visser wat goed bevriend was. En wat van die broers CM en Toon van den Heever? Dis maar ‘n wenk.
Ek hou hiervan………….ek hou sommer baie hiervan.
Sterkte manne en dames.
Groete en seenwense,
Deon.
Baie dankie, ons sal graag hierdie voorstelle verder neem