Palestynse president besoek RSA

Die president van Palestina, Mahmoed Abbas, is glo oppad na Suid-Afrika en sal Woensdag sy eerste amptelike staatsbesoek hier aflê.

Pres. Jacob Zuma en Abbas sal glo ’n bilaterale gesprek by die Uniegebou in Pretoria hou en sal na verwagting ook sekere “ooreenkomste” aangaan.

Die Palestynse president was by verskeie geleenthede in Suid-Afrika, maar besoek die land nou vir die eerste keer in ’n amptelike hoedanigheid.

Die amptelike besoek, en in besonder waar samesprekings met pres. Zuma gevoer gaan word, is ’n sein wat aandui dat Suid-Afrika pro-Palestyns, en anti-Israel is.

Politieke ontleders meen dat die ANC-regering met die beleidsrigting, ’n onderskrywer is van apartheid, solank dit net nie in Suid-Afrika plaasvind nie.

Dit is bekend dat die ANC regering Palestina sedert die bewindsoorname in 1994, as onafhanklike staat erken.

’n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Raad van Joodse Afgevaardigdes, sê hulle is ten gunste van die besoek as dit sou beteken dat Abbas se besoek kan lei tot groter vrede in die Midde-Ooste.

Waarnemers sê die moontlikheid van ’n “ooreenkoms” oor hoër onderwys kan problematies wees en sal goed gemoniteer moet word.

Foto – Mahmoed Abbas