Die Republikeine in Amerika is oppad na ‘n weghol-oorwinning met die grootste meerderheid in 65 jaar in die Huis van Verteenwoordigers en vorm ook nou die oorwig in die Senaat met meer as 50%. En vir die eerste keer sedert 2006 sal die Republikeine weer die septer in die Senaat swaai.
Hoewel daar nog stemuitslae verwag word vir
Die uitslae toon baie duidelik dat die Amerikaners hoogs ontevrede is met die wyse waarop Obama en sy Demokrate die land bestuur. Benewens die klinkklare oorwinnings wat die Republikeine behaal het, moes die Demokrate in hierdie middeltermyn verkiesing ook toesien hoe die Republikeine onrusbarende vordering maak in hulle ou vastrapplekke in verskeie state.
Die Republikeine sal nou toenemend hulle eie agenda
Die Amerikaanse ekonomie sal hopelik nou meer aandag geniet nadat dit eintlik maar die afgelope jare aan die agterspeen moes suig te midde van Amerika se buitengewone groot buitelandse betrokkenheid by oorloë. Laasgenoemde dreineer natuurlik die handelsbalans en sorg vir daardie enorme skuldlas waaronder die land steier.
Obama se beleid ten opsigte van onwettige immigrante en sy gesondheidsorgplan het voorts gesorg daarvoor dat Amerikaners hom tydens ‘n meningsopname in Julie vanjaar as die ongewildste president sedert die Tweede Wêreldoorlog genomineer het.
Daar lê nou ‘n opdraende stryd vir Obama voor in ‘n Republikeins-beheerde Kongres.
Miskien het die Amerikaners n goeie les geleer met die skepsel, om nie weer dieselfde foutjie vorentoe te maak nie…..
Goeiedag Boere,
Ek wonder wie van julle kan nog die vreugde-vure hier onder die ANCs onthou, toe Obama destyds as die eerste swart Amerikaans president aangestel was? Zuma en al sy trawante het gejuig en gehoop hulle en al Afrika se parasiete, sal skielik enorme “hand-outs” uit die Amerikaanse ekonomie ontvang.
Groot was hulle teleurstelling in hul swart boetie, en veral toe Zuma voor Obama, tydens die groot afgod se begrafnis, deur sy eie gepeupel uitgejou was.
Kry vir julle!
Boeregroete,
DuP
Openbaring 542
Raka was toe heeltyd jou regte naam.
Maandag 5 Januarie 2009 10:30
Judith de Beer
Vanuit die see se eilande kom daar een plus een
en as twee staan dit as ʼn eenheid saam.
Madiba, vader van die donker see en land,
jy trek die Afrika en Amerika kontinente saam.
Balak of is dit Barak maar Raka is jou ware naam.
Gekamoefleer met die horings van ʼn lam
kom jy as ʼn draak nou tussen die mense staan.
Die teenstander van God spruit uit ʼn vergete
maar ʼn baie ou familienaam.
Uit die vuurbek van ʼn vuurspuwende berg is jou gees gebraak,
en van die grondlegging van die aarde was jou taal
die satan se eie spraak.
In die antichris het alle euwel vergestalt
om die hele hel op die aarde uit te kan braak.
Jou val, ja, jou ewige val bring jy nou as vergelding uit in al jou wraak.
Jy laat die aarde skrik en in ʼn aardbewing
gaan sy haarself tot in haar diepste wese oopkraak.
In oorlog gaan die wêreld brand,
die groen gras en die bome gaan verdrietig nou wegtaan.
In hongersnood verdwyn al die wêreld se kosbare graan.
Jy O draak wat was en dink jy is,
was die heeltyd maar net ʼn verbeeldingsvlug van jou eie waan.
Teenoor jou tot jou ondergang kom die Ruiter op die wit perd nou te staan.
Met jou mag en al jou geld wou jy die merk van 666 op elke mens laat staan.
Hoogmoedig wou jy My heiliges in jou teregwysing weg van My laat staan.
Gebind in kettings, ja, jou eie kettings,
op wie gaan jy hierdie keer plaas al die verwyt en blaam.
Vir ʼn duisend jaar gaan jy in jou gevangenis nou staan
en jy sal uitkyk op jou werke waar dit in die ewige afgrond om jou
tot jou eie oordeel sal staan.
Balak of is dit Barak maar Raka was toe die heeltyd jou regte naam.
Openbaring 1926
Die kleinlettergod.
Donderdag 20 Junie 2013 12:45
Judith de Beer
Terwyl die mensdier, Raka, op sy dromme slaan, kom die
kleinlettergod op sy oorlogskippie in Suid-Afrikaanse waters
aan en uitbundig klap die mensdom hulle hande hieroor saam,
want hulle voel hulleself daaroor tog so vernaam. So staan hulle
daar vir hom, daar om die rooi tapyt, in ‘n erelaan en terwyl hulle
elke dom woord van hom so intelligent as moontlik probeer
beaam, is hulle beperkte illusiewêreld reeds besig om te vergaan.
O’ waarom is dit dat ‘n mens die boek van Openbaring na duisend
jare nog nie kan verstaan, want voorwaar het God die mens oor
en oor, ja, oor die einde van hierdie tydvak vermaan, maar hulle
verkies eerder om in ‘n duister toestand te vergaan.
Terwyl die oerdier, Raka, op sy dromme slaan, kom die
kleinlettergod, Obama, op sy oorlogskippie in Suid-Afrikaanse
waters aan en hy staan as die mondstuk van ‘n bose eenwêreld-
orde bekend as die Leviatan en hy bult sy spiere en kyk die ander
moondhede aggressief oor die Afrika-kontinent aan. So staan daar
in die geesteryk vanaf die eerste patriarg, al die kronieke nou diep
beskaam, want hulle laaste nasate verkeer in ‘n baie diep waan en
hulle kyk die dier van Openbaring aanbiddend aan en hulle laat
hulle nie deur die Wysheid of die Liefde vermaan, maar verkies
om eerder in ‘n derde wêreldoorlog te vergaan.
Goeiedag Vaalseun,
Baie dankie hiervoor!
Ek glo dat ons Vader in die hemel se heilige SKRIF (die Bybel) ‘n samevatting is van openbaringe wat die Heilige Gees reeds eeue gelede aan die mensdom gegee het, en toe so opgeteken was. Die doel daarvan is slegs om Sy kinders toe te rus met die kennis oor HOMSELF, waarmee Hy ons op daardie tydstip wil toerus.
Ek glo ook dat sy heilige WOORD oneindig veel groter is, as slegs die paar stukkies wat toe geopenbaar en opgeteken was. Sy Woord is so groot dat Hy bv. met een Woord, LIG kon skep. “Laat daar lig wees, en daar was lig.” Soos wat Hy ons LEWENDE God en Skepper is, so is Sy Woord ook steeds LEWEND, en word dit steeds deur Sy Heilige Gees aan die mensdom geopenbaar. Diegene wat Sy Woord herken, sal dit ook so verstaan. Die insig van die Heilige Gees is die enigste kriterium om dit te beoordeel, of dit ‘n openbaring van ons Vader is, en of dit ‘n halwe waarheid is waarmee die satan ons juis probeer mislei, om aan Hom en Sy bemoeienis met ons te twyfel.
Dit is elkeen wat daarmee in aanraking kom, se eie keuse om hierdie aantekeninge van Judith de Beer, aan die Heilige Gees voor te lê, en aan Hom die aanvaarding of verwerping daarvan as deel van Sy geopenbaarde Woord, af te vra.
Boeregroete,
DuP
Hallo Vaalseun, ek het geweldig van die gedig gehou. Sal ons maar agslaan daarop????
Dirco,
Sien Dup se uitstekende kommentaar tov die openbaringe, hierbo. Ek slaan wel ag daarop en glo dat dit nie bedoel is as oulike gediggies nie, maar die feit dat die inligting rym is sekerlik net om vir ons te wys dat dit nie vanaf die mens afkomstig is nie aangesien die openbaringe in `n kwessie van minute ontvang en aangeteken word.
Goeiedag Dup,
Wat lees jy in openbaring 542? Jou opinie asb?
Sjoe, ek en die Vaalseun praat dieselfde taal met betrekking tot Judith de Beer se Openbaringe. kan ek asseblief sy eposadres kry, of gee myne asseblief vir hom.
Liefde, ekke
En daar bars Obama se Islam “Bubble”
Hy gaan nou niks meer as net ‘n “Puppet on a string” wees vir die volgende twee jaar nie.
En hy gaan nou sommer sy lang uitstaande loesing kry oor sy Amerikaanse “Burgerskap”
Hy kan natuurlik ook weer terug val op sy “Pot” om sy moraal te behou.
Hoogtyd dat die Afrika HotNot op sy plek gesit word. kyk maar na ENIGE Gebasterde NASIE en jy besef hulle is die 3de Wereld Garde. Suid Amerika en Afrika in sy geheel is n uitstekende voorbeeld, moet net nie vir ASIA mis kyk nie. Net so primitief en agter die klip.
Obama het op TV gese as dinge “UGLY” word. (Christene) sal hy by ISLAM staan.
Gelukkig is die Amerikaners in ‘n posisie om die heiden uit te stem met die volgende verkiesing anders as hier by ons . Ons sal onder die party bly tot die einde van die wereld ons handjie vol blankes se lot is getel en moet maar net op God vertrou en hom dien tot die einde toe .
Goeiedag Vaalseun,
Ek is maar huiwerig om my opinie te lig oor sake waaroor ek maar min kennis dra, dit is gewoonlik geneig om mens uit ‘n ander hoek in te haal.
“Maandag 5 Januarie 2009”: Ek is nie seker of dit om en by die datum was waarop Obama ingesweer was nie, maar tans praat hulle van sy tweede “Mid term” verkiesing en as hulle net 4 jaar verkiesbaar is, klink dit naby genoeg aan die begin van sy ampstermyn, en indien my afleiding reg is, aanvaar ek dat Judith verwys na dieselfde dwaling as wat ek gister om 9:55 am uitgelig het. Op daardie stadium was die Madiba afgod ook nog op al die parasiete se lippe, aldus haar “jy trek die Afrika en Amerika kontinente saam.”
Ek verstaan nie haar verwysing na die “baie ou familienaam” nie, maar oor haar konotasie van Obama as “Raka”, met die satan se ‘draak’ en die ‘antichris’, dink ek ons is almal eens in ons verwagting dat dit sy taak is om die wêreld se skaakbord op te stel vir die finale “oorlog waarin die wêreld gaan brand.”
Ek stem saam met jou kommentaar onder “Die rede vir Republikeine se oorwinning” dat hy in hierdie laaste twee jaar alle “stops” gaan uittrek, en ek dink dit rym ook met haar siening in die gedig.
Dankie vir jou plasings en sinvolle kommentare.
Boeregroete,
DuP