Nuwe stigting om swartes te help

’n Nuwe organisasie is gestig met die doel om swartes in die plattelandse gebiede te help sodat hulle by universiteite ingeskryf kan kom vir naskoolse studies.

Die Thusanani-stigting het tot stand gekom om studente uit die plattelandse omgewing finansieel by te staan.

Die stigtingsgeleentheid is ondermeer deur pres. Jacob Zuma bygewoon en ondersteun die inisiatief van ’n voormalige Wits-student wat die organisasie begin het.

Die president het geleentheid gehad om die gehoor toe te spreek, en ondermeer gesê die studente moet fokus op wetenskap en wiskunde, terwyl hulle minder tyd moet afstaan aan Bybelkunde.

Talle ANC politici en akademici het glo die geleentheid bygewoon, maar pres. Zuma moes die verrigtinge verlaat omdat hy op pad is na Australië waar die G20-beraad plaasvind.

“Ek hoop dat Wits nie te veel Bybelkunde bied nie”, het hy gesê terwyl enkele studente hardop gelag het vir sy vreemde humorsin.

Foto – pres. Zuma