Nuwe aanstelling by Vrystaat Universiteit

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het die aanstelling van dr. Lis Lange as viserektor Akademies eenparig goedgekeur.

Lange se aanstelling volg nadat prof. Driekie Hay, en haar eggenoot dr. Derek Swemmer, op omstrede wyse die Universiteit verlaat het.

Kort daarna is die rektor, prof Jansen, met langverlof na die VSA, waar hy glo wou gaan werk aan ’n boek wat hy besig is om te skryf.

Jansen was in omstredenheid gehul toe hy sy adjunk, prof. Hay uit haar pos verwyder het nadat sy vlymskerp gereageer het met vrae oor die optrede van die Universiteit se bestuur.

Hay het waargeneem as die prinsipaal van die Suid-kampus, en is toe onverwags geskors nadat die UV een e-pos op haar rekenaar gekry het.

Sy is nooit deur die universiteit se owerheid dissiplinêr verhoor nie, en dit word deur ontleders in ’n ernstige lig van wanbestuur bestempel.

Foto – dr. Lis Lange