Nuusflitse – 7 November

“Mense van die ANC skiet op ons”. Só het die Ses’Khona People’s Rights Movement gesê in reaksie op die aanval op Andile Lili wat vier skote geskiet is, en tans in ’n ernstige toestand verkeer in die hospitaal. Die ANC het glo gedreig dat daar gevolge sou wees indien die betoging voortgaan.

 

Numsa se kop is Vrydag op die blok as hy aan Cosatu se sentrale uitvoerende komitee (SUK) moet verduidelik waarom hy nie geskors moet word nie. Die vergadering van die SUK gaan voort ondanks ’n dringende hofaansoek van Numsa dat dit verbied word.

 

Politieke ontleders meen die konflik tussen die groot vakbonde en Cosatu kan die draaipunt in swart politiek word, wat die land nog verder in die hande van kommuniste kan dryf.