Nuusflitse – 5 November

Die munisipaliteit van Standerton skuld Eskom sowat R202 miljoen en dit groei elke maand verder met astronomiese bedrae. Nou eis sommige inwoners dat Eskom self rekenings aan verbruikers stuur en direkte betalings vereis, sodat krag afgesny kan word by wanbetalers.

 

Amerikaanse navorsers het metodes gevind om met nuwe DNS-toetse te bepaal watter spesie slang die pasiënt gepik het, wat nou as ’n belangrike deurbraak beskou word deur medici regoor die wêreld.

.