Nuusflitse – 26 November

’n Blanke man is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy homself in ’n huis in die Moot, Pretoria geskiet het. Die polisie was ure lank op die toneel buite die huis in Van Heerden-straat. Beraders het met die man gepraat, maar hy het later ’n vuurwapen op homself gerig en geskiet.

 

n Jong man wat só dronk was dat hy in die donker oggendure in ’n perdestal, pleks van sy ouerhuis op ’n ander hoewe in Bainsvlei ingestap het, is gister in die Bloemfonteinse streekhof tot ’n opgeskorte R8,000 of drie maande tronkstraf gevonnis.