Nuusflitse – 24 November

In die vierde geval vanjaar het ’n Pretoriase skooldogter haarself Saterdag met haar serp opgehang. Kyla Bothma (17) se aanneemouers het Saterdagoggend op haar lewelose liggaam in haar kamer afgekom.

 

Sewe mense is Maandag in Johannesburg-Noord beseer in ‘n botsing waarby ‘n taxi, ‘n vragmotor wat mis vervoer en ‘n fietsryer betrokke was. Een van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

 

Suzanne Leyden (36) onderwyseres van Randburg, wat in ’n kritieke toestand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg is nadat sy verlede week deur ‘n bakkie in Sandton gesleep is, het haar oë oopgemaak en begin toenemend op haar familie se stemme en aanraking reageer.