Nuusflitse – 13 November

’n Swart matriekleerling van Noord-Transvaal wat ‘n eksamen in fisiese wetenskappe moes skryf, is in hegtenis geneem nadat sy nie self opgedaag het om dié vraestel te skryf nie, maar eerder ’n man gehuur het om dit namens haar te doen.

 

Pres. Jacob Zuma moet uit sy amp verwyder word en hy moet ’n redelike persentasie van die koste van die Nka­ndla-projek terugbetaal, is die reaksie van opposisiepartye gewees tydens die bespreking van die Nkandla-verslag wat eensydig deur ANC lede opgestel is.