Nuusflitse – 10 November

Vier gewapende mans het onder andere R120000 tydens ’n huisroof in Arcadia, Pretoria gebuit terwyl die huismense met vuurwapens aangehou is. Hulle het gevlug  met die eienaar se motor, selfone en rekenaars asook die kontant.

 

Die poskantoor se Raad het bedank te midde van ’n enorme geld tekort en nog ’n gedeelte van die werkers wat bly staak terwyl ander beweer hulle word nie betaal nie. Die Poskantoor het glo drie maande tyd gekry om hom reg te ruk.

 

Numsa wil die hof nader oor hy deur Cosatu geskors is en nou ietwat in die woestyn verkeer, maar beweer dat Vavi van Cosatu ook skorsing in die gesig staar.